Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:5-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die koning.

6. En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

7. Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8. En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9. Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10. Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11. Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12. Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.

13. Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

14. Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.

15. Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16. Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

17. Jósafat, die seun van Parúag, in Íssaskar;

18. Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;

19. Geber, die seun van Uri, in die land Gílead, die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.

20. Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4