5. En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die koning.
6. En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.
7. Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.
8. En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;
9. Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;
10. Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;
11. Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.
12. Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.
13. Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.