Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:24-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;

25. sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.

26. Verder het Salomo veertigduisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde.

27. En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28. En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.

29. EN God het aan Salomo wysheid gegee en ’n baie groot verstand en ’n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

30. sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.

31. Ja, hy was wyser as al die mense, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom.

32. En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend-en-vyf.

33. En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4