Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:23-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.

24. Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;

25. sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo.

26. Verder het Salomo veertigduisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde.

27. En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28. En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.

29. EN God het aan Salomo wysheid gegee en ’n baie groot verstand en ’n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4