Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:1-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. SO was koning Salomo dan koning oor die hele Israel.

2. En dít was sy hoofamptenare: Asárja, die seun van Sadok, was die priester;

3. Elihóref en Ahía, die seuns van Sisa, was skrywers; Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

4. En Benája, die seun van Jójada, was oor die leër, en Sadok en Ábjatar was priesters.

5. En Asárja, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die koning.

6. En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

7. Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8. En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9. Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10. Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11. Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12. Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.

13. Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

14. Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.

15. Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16. Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

17. Jósafat, die seun van Parúag, in Íssaskar;

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4