Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 14:23-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

24. En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

25. In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toe teen Jerusalem op,

26. en hy neem die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.

27. Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.

28. So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

29. En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

30. En daar was gedurigdeur oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.

31. En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 14