Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 10:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

9. Geloofd sy die Here u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die Here Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

10. Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en ’n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so ’n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

11. Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir ’n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 10