Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 10:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

4. Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

5. en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie.

6. Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;

7. en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.

8. Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.

9. Geloofd sy die Here u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die Here Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 10