Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 1:12-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Kom dan nou, laat ek u tog ’n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.

13. Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hý sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?

14. Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.

15. Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.

16. En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?

17. En sy antwoord hom: My heer, ú het by die Here u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hý sal op my troon sit.

18. Maar kyk, nou het Adónia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.

19. Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Ábjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.

20. Maar op ú, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.

21. Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.

22. En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.

23. En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.

24. En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit?

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 1