Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 1:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.

2. En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning ’n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom ’n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.

3. Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel ’n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.

4. En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning ’n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.

5. Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.

6. En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.

7. En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en met Ábjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.

8. Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.

9. En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;

10. maar Natan, die profeet, en Benája en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 1