Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Aan ’n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,

11. wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.

12. WANNEER ek Ártemas of Tíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13. Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.

14. Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15. Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.

Lees volledige hoofstuk Titus 3