Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 2:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas.

2. Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.

3. Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

4. sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

5. ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.

6. Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.

7. Betoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

8. Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.

9. Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;

10. hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.

11. WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

12. en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

Lees volledige hoofstuk Titus 2