Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:4-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

5. aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

6. MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

7. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

8. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

9. Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ’n seun hê.

10. En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.

11. Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie — dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep —

12. is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.

13. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

14. Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

15. Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

16. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

17. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.

18. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

Lees volledige hoofstuk Romeine 9