Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees —

2. dat dit vir my ’n groot droefheid is en ’n onophoudelike smart vir my hart.

3. Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ’n vervloeking te wees, wég van Christus af.

4. Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

5. aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

6. MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

7. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

8. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

Lees volledige hoofstuk Romeine 9