Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 8:15-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

16. Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17. en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

18. WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

19. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

20. Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het —

21. in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Lees volledige hoofstuk Romeine 8