Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 6:2-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

3. Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

4. Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel.

5. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;

6. aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

7. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

8. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

9. omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.

10. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

11. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

12. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

13. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

14. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

15. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Lees volledige hoofstuk Romeine 6