Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

5. en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

6. Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

7. Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe — vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe —

8. maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

9. Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

10. Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

11. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

12. DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —

13. want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

14. Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ’n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5