Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 4:3-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

4. Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;

5. aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.

6. Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:

7. Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

8. Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

9. Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.

10. Hoe is dit dan toegereken — toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.

11. En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;

12. en ook ’n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.

Lees volledige hoofstuk Romeine 4