Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

7. Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?

8. En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.

9. WAT dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,

10. soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

11. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.

12. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.

13. Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.

14. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.

Lees volledige hoofstuk Romeine 3