Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:23-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24. en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

25. Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God —

26. om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

27. Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.

28. Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

29. Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,

30. aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.

31. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.

Lees volledige hoofstuk Romeine 3