Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:13-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Hul keel is ’n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.

14. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.

15. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.

16. Verwoesting en ellende is in hulle paaie,

17. en die weg van vrede ken hulle nie.

18. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.

19. Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;

20. aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

21. MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,

22. die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;

23. want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24. en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 3