Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WAT is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?

2. Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.

3. Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig?

4. Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.

5. Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.

6. Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

7. Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?

8. En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.

9. WAT dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,

Lees volledige hoofstuk Romeine 3