Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 2:3-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5. Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6. wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7. aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe;

8. maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn;

9. verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10. maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11. Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

12. Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

13. omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.

14. Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ’n wet, al het hulle geen wet nie;

15. omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,

16. in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

17. KYK, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,

18. en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,

19. en jy is oortuig dat jy ’n leidsman is van blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,

20. ’n opvoeder van onverstandiges, ’n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het —

21. jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ’n mens nie mag steel nie, steel jy?

22. Jy wat sê dat ’n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ’n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

Lees volledige hoofstuk Romeine 2