Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 2:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ’n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

2. En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

3. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?

5. Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ’n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

6. wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7. aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe;

8. maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is — grimmigheid en toorn;

9. verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10. maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

Lees volledige hoofstuk Romeine 2