Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:5-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.

6. Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.

7. Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.

8. Groet Ámplias, my geliefde in die Here.

9. Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.

10. Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.

11. Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.

12. Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.

13. Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.

14. Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.

15. Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is.

16. Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16