Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:17-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Ek het dan rede om te roem in Christus Jesus, in die dinge aangaande God.

18. Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie — om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad,

19. deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum;

20. maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie — om nie op die fondament van ’n ander te bou nie —

21. maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.

22. Daarom is ek ook elke keer verhinder om na julle te kom.

23. Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle te kom,

24. sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ’n tyd lank van julle geniet het.

25. Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.

26. Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

27. Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.

28. As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis.

29. En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.

30. Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,

31. dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judéa en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges,

32. sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.

33. En die God van vrede sy met julle almal! Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15