Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:13-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

14. MAAR ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.

15. Tog het ek ten dele taamlik gewaag om aan julle te skrywe, broeders, as een wat julle herinner, kragtens die genade wat my deur God gegee is

16. om ’n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ’n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

17. Ek het dan rede om te roem in Christus Jesus, in die dinge aangaande God.

18. Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie — om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad,

19. deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum;

20. maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie — om nie op die fondament van ’n ander te bou nie —

21. maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.

22. Daarom is ek ook elke keer verhinder om na julle te kom.

23. Maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle te kom,

24. sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ’n tyd lank van julle geniet het.

25. Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.

26. Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15