Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 14:16-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.

17. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

18. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

19. Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

20. Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ’n mens om te eet as dit tot aanstoot is.

21. Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.

22. Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.

23. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

Lees volledige hoofstuk Romeine 14