Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 14:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

2. Die een glo dat ’n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.

3. Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.

4. Wie is jy wat die huiskneg van ’n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.

Lees volledige hoofstuk Romeine 14