5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
6. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
7. is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
8. of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
9. LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
10. wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
11. wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
12. verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.