Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 12:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

13. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

14. seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15. wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

16. wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

17. vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

18. as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

19. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

20. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

21. Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 12