Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 12:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

13. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;

14. seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15. wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

16. wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

17. vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

18. as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

19. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

20. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

Lees volledige hoofstuk Romeine 12