Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 1:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God —

2. wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,

3. aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

4. en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5. deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6. onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus —

Lees volledige hoofstuk Romeine 1