Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 9:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die vyfde engel blaas, sien ek ’n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

2. En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ’n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3. En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4. En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5. En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen wanneer hy ’n mens steek.

6. En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7. En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8. En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 9