Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:21-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22. En ’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

23. En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24. En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

25. En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie;

26. en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.

27. En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21