Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:17-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, wat die maat van ’n engel is.

18. En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20. die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.

21. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22. En ’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

23. En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24. En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.

25. En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie;

26. en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.

27. En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21