Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 21:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En dit het ’n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

13. Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

14. En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

15. En hy wat met my gespreek het, het ’n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

16. En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

17. En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, wat die maat van ’n engel is.

18. En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20. die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.

21. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

22. En ’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 21