Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:22-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Kyk, Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

23. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

24. En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

25. Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.

26. En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

27. en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

28. En Ek sal hom die môrester gee.

29. Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2