Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan

18. en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad?

19. En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!

20. Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!

21. En een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

22. En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie, en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, en die geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie.

23. En die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.

24. En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18