Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 17:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin — want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings — en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

15. En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

16. En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.

17. Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.

18. En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 17