Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

3. En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ’n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.

4. En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.

5. En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;

6. want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.

7. En ek het ’n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

8. En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

9. En die mense is geskroei met ’n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16