Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:15-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Kyk, Ek kom soos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

16. En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

17. En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

18. En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ’n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so ’n geweldige groot aardbewing.

19. En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

20. En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

21. en groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16