Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 16:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek het ’n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

2. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

3. En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ’n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 16