Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:8-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

9. En ’n derde engel het hulle gevolg en met ’n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

10. sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

11. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

12. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

13. En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

14. EN ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit wolk en een soos ’n Menseseun wat op die wolk sit, met ’n goue kroon op sy hoof en in sy hand ’n skerp sekel.

15. En ’n ander engel het uit die tempel gekom en met ’n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14