Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 1:17-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

18. en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

19. Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

20. die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 1