Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 7:9-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ’n klip sal gee;

10. en as hy ’n vis vra, aan hom ’n slang sal gee?

11. As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

12. Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

13. Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

15. Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

16. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

17. So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.

18. ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.

19. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 7