Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 7:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

7. Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

8. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

9. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ’n klip sal gee;

10. en as hy ’n vis vra, aan hom ’n slang sal gee?

11. As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

12. Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

13. Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 7