Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 7:19-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

20. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

21. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

22. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

23. En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

24. Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

25. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

26. En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

27. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

28. En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;

29. want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 7