Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 4:4-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

5. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan

6. en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.

7. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

8. Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,

9. en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.

10. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

11. Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

12. EN toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.

13. En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,

14. sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:

15. Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene —

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 4