Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 4:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. EN toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.

13. En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,

14. sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:

15. Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene —

16. die volk wat in duisternis sit, het ’n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ’n lig opgegaan.

17. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

18. En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

19. En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 4